Gedeelte 56 van 60, plaas Ruiterbos, Ruiterbos R328 | 078 064 8746 |
info@3magrietjies.co.za |
www.3magrietjies.co.za
Ek kan nie sê: “ons” as ek net vir myself lewe nie.
Ek kan nie sê: “Vader” as ek nie elke dag daarna strewe om soos Sy kind te lewe nie.
Ek kan nie sê: “wat in die Hemel is” as ek nie my oë rig op die dinge wat daarbo is nie.
Ek kan nie sê: “laat U Naam geheilig word” as ek nie meer heilig wil lewe nie.
Ek kan nie sê: “laat U koninkryk kom” as ek nie aktief besig is om dit te laat realiseer nie
Ek kan nie sê: “laat U wil geskied” as ek self ongehoorsaam aan die woord is nie.
Ek kan nie sê: “op aarde soos in die Hemel” as ek Hom nie hier en nou dien nie.
Ek kan nie sê: “gee ons vandag ons daaglikse brood” as ek oneerlik of agteraf is nie
Ek kan nie sê: “vergeef ons ons skulde” as ek ‘n wrok teen iemand koester nie.
Ek kan nie sê: “lei ons nie in versoeking” as ek willens en wetens met die kwade heul nie
Ek kan nie sê: “verlos ons van die bose” as ek nie die volle wapenrusting van God aan het nie
Ek kan nie sê: “aan U behoort die koninkryk” as ek nie lojaal aan die Koning is soos ‘n goeie onderdaan nie
Ek kan nie sê: “die krag” as ek bang is vir wat mense aan my kan doen nie
Ek kan nie sê: “die Heerlikheid” as ek net my eie eer soek nie
Ek kan nie sê: “vir ewig” as my lewenshorison deur tyd ingeperk word nie
Onse Vader